Sunday, July 5, 2009

Droom

ek het so weird droom gehad nou die aand - gedroom ek was by die salvation army se charity shop en in een van die laaie was daar so klomp ou foto's soos die een hier langsaan. alhoewel die kinders daarin het baie meer vuil en ongelukkig gelyk. daar was 'n hele klomp van dieselfde klomp kinders wat oor 'n lang tydperk geneem is, jy kon sien hoe hulle ouer word.

en hulle het almal sulke mooi mense geword, tot hulle amper nie meer soos mense gelyk het nie, ek weet nie of engele die regte woord is nie, maar asof hulle hoe ouer hulle geword het al hoe meer apart van enige iets wat ek kan verstaan het begin leef het. dis so funny, ek het die hele dag lank hierdie foto's in my kop gehad en ek het byvoorbeeld probeer my naels knip in die oggend en elke keer agtergekom dat ek nog een gemis het...

1 comment:

Unknown said...

Hi.... weird droom. Ek het so 'n tydjie terug 'n boek gelees: "Mind Power into the 21st century". Daarin explain hulle baie mooi hoe drome werk, en ek is seker jy sou die betekenis van jou droom daar gevind het.

Anyways, dit klink na 'n goeie droom, weird en al!