Saturday, June 20, 2009

random pics



Ek het vandag vir Cherie ingesleep in my explorations van die area, dis die eerste pic - sy is 'n baie gesellige vroutjie wat ek ontmoet het deur gideon hulle. Ek kuier nogal baie lekker saam met haar en haar familietjie, hulle is die warmste en vriendelikste mense wat ek in 'n baie lang tyd ontmoet het. Ek en sy sal vir ure sit en giggel oor die simpelste goed, en mens kuier altyd baie lekker saam met hulle.
Nou ja, ons het quarry gardens toe gegaan vandag - ek het foto's geneem maar niks het regtig goed uitgekom nie, so die foto waarop sy is is die enigste een wat ek gaan opsit. Die quarry gardens is pretty much die rubbish dump van 'n myn - nie dat ek weet wat hulle daar gemyn het nie, maar wat ookal dit was het opgeraak en die myn het gewaai, en 'n baie lelike stuk grond agtergelos. Die mense hier het 'n volunteer garden groep begin en hulle het die plek beplant van 'n kant af - dit lyk baie goed, en ek dink almal is baie trots op dit. daar is 'n stuk van die tuin wat as 'n sense garden uitgele is, touch taste etc etc. natuurlik het ek soos 'n wenner 'n pepper geproe in die tase area, en het die res van my staptoggie spandeer met 'n brand mond en neus.

Toe is ons daarna na die quarry garden artist plek toe, nou nie heel seker wat hulle dit noem nie, maar dit is baie oulik. Mens kan vir ure daar rondloop en heeltyd nuwe wierd goetertjies sien. dis 'n paar workshops wat bymekaar gebou is, maar natuurlik is dit so druppend van kreatiwiteit dat oral waar jy kyk een of ander interessante ding is - lyk my enige iets wat geflop het is iewers in die tuin gesit, baie oulik!

Die gift shop verkoop van die local artists se goed, en daar is stunning goed, regtig amazing...

Ma, ek het twee foto's geneem van goed wat gemaak is van skulpe, ek hou nogal van die skulpe wat geraam is - dis alles baie klein skulpies wat so saam ten toon gestel word, maar dis nogal 'n cool manier om al daardie duisende skulpe wat ma altyd optel te benut!


Ek moes eintlik meer foto's van die plek geneem het, maar dit lyk net nie so goed soos dit in die regte lewe lyk nie - julle sal maar net moet kom kuier en kom kyk hoe lyk dit!

My ander twee fototjies is net druppeltjies wat mooi gereflect het op die vensterbank en 'n voorbeeld van nz humor - dis 'n windshield repair company. "show us your crack" get it, get it??











No comments: