Tuesday, June 2, 2009
Ouma
ek sal maar in afrikaans skryf hierdie keer - ek het vandag gehoor Ouma is gisteraand oorlede. Ek sal haar baie mis, sy was beslis 'n groot invloed in my lewe. Ons het almal ouma stories, soos dat sy nog in haar 80's oor die swembad se muur geklim het om haar oggend swem te kan doen, of die onbuigbare net twee lekkertjies reel wat sy genadeloos toegpas het. Ek dink vir my was sy 'n voorbeeld van iemand wat voluit lewe, 'n sterk vrou wat nie skaam was om haar opinies te lug nie. Haar opinie op my was baie keer dat ek stront eigeweis was, maar toemaar ouma, ek dink dis maar in ons van urk bloed reguit van ouma se eie dna af :) Ouma se koffietafel was die plek waar ons almal bymekaar gekom het en lekker sit en skinner en strooi praat en caakjes eet, en 'n groot deel van my identiteit het gegroei van ons hollandse tradisies wat Ouma saamgebring het en deel gemaak het van ons familie hier. ek het hierdie prentjie in my kop van ouma wat saam met oom freddie en oupa en tante stien en tante lenie en haar ouers en broers en almal sit en oliebolle en appelflappe eet en belaglike hartseer hollandse liedjies sing en praat oor wat die van urks nou weer aanvang. ek dink sy het 'n vol lewe gehad, en sy is 'n groot deel van myne. bye ouma, ek hoop dis great om weer vir almal te sien... ek sal ouma mis.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment