Saturday, January 16, 2010

Rotorua

Ek sal maar net hierdie paar foto's opsit - hierdie eerste twee is by hamilton gardens geneem, tussen auckland & rotorua waar ons was vir kersfees.

die gardens is regtig stunning - mens kan eintlik vir ure daar ronddwaal. hulle het 'n groot deel wat allerhande verskillende lande se tuine as temas het - ek dink die een hier langsaan was seker greek.



hierdie een was india, my kamera was op daardie stadium op sy laaste battery lewe, so ek het nie soveel foto's geneem nie.











hier is die standaard foto wat almal wat by rotorua was neem - die modder wat bubble - daar is baie vulkaan aktiwiteit en orals is hot springs en goeters - almal af gefence gelukkig. die goed is so tussen 200 en 300 grade warm.


hierdie is ek en nadia - dis by die luge geneem - mens vat die kabelkarretjies met die berg en dan is die luge sulke klein go cart goetertjies wat werk met gravity, jy gaan vinniger of stadiger as jy die stuurwiel optrek of aftrek. dit was nogal baie fun, as ek daar gebly het sou ek beslis 'n season's ticket kry!



2 comments:

Unknown said...

Ah, dit lyk na 'n cool plek om te visit!

EK moet nou 'n slaggie my blog ook weer update.

Geseende Kersfees an Happy New Year en alles...
-Evert-

Unknown said...

Dit lyk nogal cool daar.

Baie groen en alles... Nou moet ek weer 'n slaggie my blog ook update.... Kan nie ge-upstage word deur my sussie nie...

Hey, Happy new year ens.. ens...

-Evert-