Sunday, August 9, 2009

road trip

So ek het vandag saam met van die mense by die kerk gegaan vir 'n road trip vanaf whangarei op na Paihia toe - en van daar af die ferry oorgevat Russel toe en toe weer terug.

Die foto hier langsaan is van die hawe tussen Russel & Paihia - die hele plek is vol eilande. Die mense saam met wie ek gegaan het het hulle eie boot & hulle gaan meestal in die somer uit en meer sommer by een van die eilande vir die dag - klink idillies, ne?

Hierdie fotos is van die famous toilette by Kawakawa - dis 'n baie klein dorpie waar die kunstenaar Hundertwasser gewoon het - en hy het die toilette gedesign. Hy is so bietjie soos Gaudi, nogal baie cool.



Ons het ook by die Haruru falls gestop by Paihia - ek dink nogal daar is baie nice trails om te stap hier rond. Ek het baie gehou van Russell, dis 'n baie klein dorpie, maar dis so cute & al die huise en goed is baie mooi - baie fancy huise maar ook baie kleinerige huisies wat nie te giant is nie.

ek moet se ek hou nogal daarvan om in die hawe te kyk na al die bote, dis amper soos om in Hentiesbaai rond te ry om al die huise te name te lees. die mense se boot is baie nice, 'n 40 footer - mens kan bly op dit, vir seker!

No comments: