Saturday, August 15, 2009

winter blomme

dis nogal baie cool van whangarei, omtrent almal het hierdie bome in hulle tuin - in die winter is dit net stokke en huge blomme. En hulle ruik fantasties! Ek weet nie of julle kan sien op die foto's nie, maar die mos groei ook op die takke, dit lyk regtig soos een of ander fairy tale. daar is 'n paar verskillende soorte, daar's nog 'n ander soort wat ek nie 'n foto van het nie wat se blomme heeltemal oop is, regtig stunning. dis great om in die oggende werk toe te loop want elke een van hierdie wat mens by verbyloop het die heerlikste reuk.


Sunday, August 9, 2009

road trip

So ek het vandag saam met van die mense by die kerk gegaan vir 'n road trip vanaf whangarei op na Paihia toe - en van daar af die ferry oorgevat Russel toe en toe weer terug.

Die foto hier langsaan is van die hawe tussen Russel & Paihia - die hele plek is vol eilande. Die mense saam met wie ek gegaan het het hulle eie boot & hulle gaan meestal in die somer uit en meer sommer by een van die eilande vir die dag - klink idillies, ne?

Hierdie fotos is van die famous toilette by Kawakawa - dis 'n baie klein dorpie waar die kunstenaar Hundertwasser gewoon het - en hy het die toilette gedesign. Hy is so bietjie soos Gaudi, nogal baie cool.



Ons het ook by die Haruru falls gestop by Paihia - ek dink nogal daar is baie nice trails om te stap hier rond. Ek het baie gehou van Russell, dis 'n baie klein dorpie, maar dis so cute & al die huise en goed is baie mooi - baie fancy huise maar ook baie kleinerige huisies wat nie te giant is nie.

ek moet se ek hou nogal daarvan om in die hawe te kyk na al die bote, dis amper soos om in Hentiesbaai rond te ry om al die huise te name te lees. die mense se boot is baie nice, 'n 40 footer - mens kan bly op dit, vir seker!