Saturday, November 7, 2009

sushi & silly hats







so net om te support wat ek te se het oor die sushi hier - kan julle glo die goed hier langsaan is sushi? dis alles deepfried!!




om eerlik te wees, dit proe nogal lekker, maar dit voel net nie reg om die goed te eet nie, dis veronderstel om gesond te wees!


die sushi is nogal baie groot in vergelyking met die by die huis, en mens kry meestal net maki, nie veel anders nie - ek mis my roses! plus die tuna is blik tuna en die ander sushi het gebraaide hoender in, baie weird...

heel laaste is 'n silly hat day poging, ons het almal net 'n klomp van hierdie aanclip koalas aan my hoed rand geknyp en 'n klomp papier blomme gemaak... was nogal fun, en dit help natuurlik as mens nie hoef te werk nie :)

Saturday, October 10, 2009

tattoo


so hier is my tatoo in volle glorie :) geinspireer deur die liedjie naked as we came deur iron & wine.
She says "wake up, it's no use pretending" I'll keep stealing, breathing her.Birds are leaving over autumn's ending One of us will die inside these arms Eyes wide open, naked as we came One will spread our ashes 'round the yard She says "If I leave before you, darling Don't you waste me in the ground" I lay smiling like our sleeping children One of us will die inside these arms Eyes wide open, naked as we came One will spread our ashes round the yard

Sunday, September 20, 2009

nuutste update


nie vreeslik baie om te update nie, het nou net iets cute gesien op craftster se website - een van die lede het 'n rocking oscar beeldjie gehekel en vir robert downey jr gestuur en hy het actually foto's geneem van dit en vir haar terug gestuur. dis so cute! sy is natuurlik baie chuffed oor dit.
my naweek was redelik uneventful, het die game gaan kyk by danger danger & hulle $5 roast gekry - great deal, mens kry 'n redelike groot bord kos met roast chicken, groente en aartappel vir net 5 dollar - CHEAP! die game was ook great, nz het vir oz gedestroy... my favourite speler (conrad smith) was ongelukkig beseer, hulle het so vinnige shot van hom gehad wat langs sy ma sit in skare en hy't maar redelik ongelukkig gelyk om nie deel te wees van die game nie, poor baby.
o ja, ons het die waste works 10k ook gedoen vandag, was baie fun, die roete was meestal deur die berg en reserves, so baie mooi om deur te draf.

Saturday, September 12, 2009

naweek :)



so hierdie pragtige dames wat julle hier langsaan sien is die spice girls - ons het opgedress vir quiz night by kamo high school. ons het gedink ons het 'n redelik goeie kans maar die tafel langs ons het soos ou tannetjies aangetrek en hulle tafel opgemaak en alles. toe ons hulle sien het ons besef maak nie saak hoe kort my en Jen se rokkies was nie, ons gaan nie wen nie ;) ons het seker so 5de gekom met die quiz, het ass gekick met die musiek en general knowledge vrae, maar het redelik gefade met sport. ek kon darem ten minste een sport vraag antwoord, moes die rugbyspeler herken - brian habana.


die ander foto is my ander muur kuns poging wat ek at last gehang het hierdie naweek. nou moet ek seker 'n poging aanwend om iets in my slaapkamer te doen. dit lyk maar nog redelik grim.

Saturday, August 15, 2009

winter blomme

dis nogal baie cool van whangarei, omtrent almal het hierdie bome in hulle tuin - in die winter is dit net stokke en huge blomme. En hulle ruik fantasties! Ek weet nie of julle kan sien op die foto's nie, maar die mos groei ook op die takke, dit lyk regtig soos een of ander fairy tale. daar is 'n paar verskillende soorte, daar's nog 'n ander soort wat ek nie 'n foto van het nie wat se blomme heeltemal oop is, regtig stunning. dis great om in die oggende werk toe te loop want elke een van hierdie wat mens by verbyloop het die heerlikste reuk.


Sunday, August 9, 2009

road trip

So ek het vandag saam met van die mense by die kerk gegaan vir 'n road trip vanaf whangarei op na Paihia toe - en van daar af die ferry oorgevat Russel toe en toe weer terug.

Die foto hier langsaan is van die hawe tussen Russel & Paihia - die hele plek is vol eilande. Die mense saam met wie ek gegaan het het hulle eie boot & hulle gaan meestal in die somer uit en meer sommer by een van die eilande vir die dag - klink idillies, ne?

Hierdie fotos is van die famous toilette by Kawakawa - dis 'n baie klein dorpie waar die kunstenaar Hundertwasser gewoon het - en hy het die toilette gedesign. Hy is so bietjie soos Gaudi, nogal baie cool.



Ons het ook by die Haruru falls gestop by Paihia - ek dink nogal daar is baie nice trails om te stap hier rond. Ek het baie gehou van Russell, dis 'n baie klein dorpie, maar dis so cute & al die huise en goed is baie mooi - baie fancy huise maar ook baie kleinerige huisies wat nie te giant is nie.

ek moet se ek hou nogal daarvan om in die hawe te kyk na al die bote, dis amper soos om in Hentiesbaai rond te ry om al die huise te name te lees. die mense se boot is baie nice, 'n 40 footer - mens kan bly op dit, vir seker!

Saturday, July 25, 2009

stencil...



So hierdie was my naweek aktiwiteit :) ek sal nou maar kyk of dit sal bly sit, ek het dit met net gewone akriel verf gedoen eerder as materiaal verf...

ons was ook die naweek by 'n SA funksie gewees, wat nogal fun was - hulle het 'n screen gehad waar hulle SA musiek videos gewys het en so tussen-in al die funny advertensies van die afgelope ruk - ek het vergeet van Steers se rib burger advertensie, ek wil my doodlag daarvoor!!

die koeksisters was nie so goed soos ek gewoond is nie, ma het dit met anys by die stroop gemaak en dit maak 'n groot verskil, smaak net beter! ek het te laat opgedaag vir die vetkoek, maar het ten minste 'n boerewors rol gekry...