
nou ja, familie - hier is nou my update vir die laaste twee maande - ek het nie foto's van alles geneem nie, maar ek sal maar die paar wat ek het upload en vertel.
So nommer een is Sloe - sy is my katjie, vreeslik liefderyk en sweet, maar sy is ook nogal soos Lucky. ek probeer maar dat mense inkom en so bietjie met haar speel om haar minder bang te maak...


die paadjie is wat ons van die sculture komptesie af gestap het terug huis toe, dis nogal baie oulik so deur die bome wat in die water groei - voel so bietjie soos lord of the rings.


die boom het ek afgeneem by die mount aubrey trail wat ek en nadia so paar naweke terug gaan stap het. dis 'n stunning roete, en ons was papnat gesweet na die tyd.

o ja, ons was gister by die kite vlieg dag gewees - dit was eintlik windstil, so die kites het nie regtig gewerk nie, so hierdie twee foto's het ek geneem in die 5 minute wat die goed in die lug gebly het. ek en nadia & gideon & minette & daniel het baie lekker onder die boom gele en piekniek though.