Sunday, September 20, 2009

nuutste update


nie vreeslik baie om te update nie, het nou net iets cute gesien op craftster se website - een van die lede het 'n rocking oscar beeldjie gehekel en vir robert downey jr gestuur en hy het actually foto's geneem van dit en vir haar terug gestuur. dis so cute! sy is natuurlik baie chuffed oor dit.
my naweek was redelik uneventful, het die game gaan kyk by danger danger & hulle $5 roast gekry - great deal, mens kry 'n redelike groot bord kos met roast chicken, groente en aartappel vir net 5 dollar - CHEAP! die game was ook great, nz het vir oz gedestroy... my favourite speler (conrad smith) was ongelukkig beseer, hulle het so vinnige shot van hom gehad wat langs sy ma sit in skare en hy't maar redelik ongelukkig gelyk om nie deel te wees van die game nie, poor baby.
o ja, ons het die waste works 10k ook gedoen vandag, was baie fun, die roete was meestal deur die berg en reserves, so baie mooi om deur te draf.

Saturday, September 12, 2009

naweek :)



so hierdie pragtige dames wat julle hier langsaan sien is die spice girls - ons het opgedress vir quiz night by kamo high school. ons het gedink ons het 'n redelik goeie kans maar die tafel langs ons het soos ou tannetjies aangetrek en hulle tafel opgemaak en alles. toe ons hulle sien het ons besef maak nie saak hoe kort my en Jen se rokkies was nie, ons gaan nie wen nie ;) ons het seker so 5de gekom met die quiz, het ass gekick met die musiek en general knowledge vrae, maar het redelik gefade met sport. ek kon darem ten minste een sport vraag antwoord, moes die rugbyspeler herken - brian habana.


die ander foto is my ander muur kuns poging wat ek at last gehang het hierdie naweek. nou moet ek seker 'n poging aanwend om iets in my slaapkamer te doen. dit lyk maar nog redelik grim.