Saturday, July 25, 2009

stencil...



So hierdie was my naweek aktiwiteit :) ek sal nou maar kyk of dit sal bly sit, ek het dit met net gewone akriel verf gedoen eerder as materiaal verf...

ons was ook die naweek by 'n SA funksie gewees, wat nogal fun was - hulle het 'n screen gehad waar hulle SA musiek videos gewys het en so tussen-in al die funny advertensies van die afgelope ruk - ek het vergeet van Steers se rib burger advertensie, ek wil my doodlag daarvoor!!

die koeksisters was nie so goed soos ek gewoond is nie, ma het dit met anys by die stroop gemaak en dit maak 'n groot verskil, smaak net beter! ek het te laat opgedaag vir die vetkoek, maar het ten minste 'n boerewors rol gekry...

Monday, July 13, 2009

klein update...

so, ek's vandag 'n permanente pos geoffer by my werk! ek dink nie dit gaan super goed betaal nie, maar dit sal beslis help met die gevoel van security :) ten minste kan ek nou begin planne maak vir 'n kar kry en sulke goed...

Sunday, July 5, 2009

Droom

ek het so weird droom gehad nou die aand - gedroom ek was by die salvation army se charity shop en in een van die laaie was daar so klomp ou foto's soos die een hier langsaan. alhoewel die kinders daarin het baie meer vuil en ongelukkig gelyk. daar was 'n hele klomp van dieselfde klomp kinders wat oor 'n lang tydperk geneem is, jy kon sien hoe hulle ouer word.

en hulle het almal sulke mooi mense geword, tot hulle amper nie meer soos mense gelyk het nie, ek weet nie of engele die regte woord is nie, maar asof hulle hoe ouer hulle geword het al hoe meer apart van enige iets wat ek kan verstaan het begin leef het. dis so funny, ek het die hele dag lank hierdie foto's in my kop gehad en ek het byvoorbeeld probeer my naels knip in die oggend en elke keer agtergekom dat ek nog een gemis het...